Kul jou hier, kul jou daar en siedaar...

Jannie de Bruin - alias die kulkunstenaar "Die Groot Zaraffi" en sy pratende poppe Tommy Thomson en Jackie Jackson is al vir 50 jaar huishoudelike name in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Jannie en sy groep het sedert 1961 met hul "Wondervertoning" letterlik elke stad, dorp, gehuggie en skool in ons land besoek en gesonde gesinsvermaak aan oud en jonk verskaf. Jannie was ook deel van verskeie bekende konsertgeselskappe en het sedert die middel sewentigs ook bekendheid verwerf as TV kunstenaar in verskeie TV reekse.

Jannie, bygestaan deur sy sjarmante vrou, Zurika, se vertonings bestaan uit kulkuns, illusies, swaardsluk, telepatie en buikspraak uit die boonste rakke. Hulle behou saam die rekord as die egpaar wat vir die langste aaneenlopende tydperk naamlik 15 jaar, die amptelike Suid-Afrikaanse kulkuns kampioene was. 

 

Tel: 044 272 5476

Fax: 044 2727277 

Sel: 082 851 2718

Posbus 1359

Oudtshoorn, 6620 

50 jaar in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf!

Jannie se ewe bekende 'vennoot' Tommy Thomson vier tans sy 50 ste verjaarsdag!